Shop
Filter
Tickled Pink Grape
Hierdie heerlike sap is deur wingerdstokwortels diep uit klam, koel brokkelwortels en grond getap, maandelank geduldig in trosse aan lowergroen Muskadel wingerde ryp vertroetel om nou lieflik in jou glas en op jou tong te vonkel. These precious drops of pure, unsweetend grape juice were patiently coaxed from the cool and gentle earth to sparkle in your glass. Made with juice of Muscat grapes. 750ml
Tickled Pink Champagne
Geskenkverpakking/Gift presentation with a pink ostrich feather. Pienk vonkelwyn vir die vier van goeie dinge, om wange rooi van plesier te maak en saam met kerriekos te geniet. This wine is great with spicy dishes, good company and bad girls. Semi sweet, made from Muskadel grapes. 750ml
Tickled Pink
Pienk vonkelwyn vir die vier van goeie dinge, om wange rooi van plesier te maak en saam met kerriekos te geniet. This wine is great with spicy dishes, good company and bad girls. Sparkling wine made with Muscat grapes. Off Dry to Semi Sweet. 750ml
Doornkraal Majoor
'n Goue Jerepiko van die mooiste, soetste en gesondste wit Muskadeldruiwe. As die son sak in die weste, smaak Majoor op sy beste, veral geskink op gebreekte ys met 'n stukkie suurlemoenskil. Slowly sip this delightful wine White Muskadel dessert wine on crushed ice with a squeeze of lemon zest. 750ml
Doornkraal Luitenant
Dessertwyn gemaak van rosyntjieryp druiwe, verouder in vate. Herinner aan die koel, donker kelder op Doornkraal waar mens beskut teen die fel somerson kan besin oor "belangriker dinge". This less sweet dessert wine was named for the brave young soldiers who trained as officers at the Infantery School, Oudtshoorn for many many years. This astute wine serves to fortify and improve the mood. 750ml
Doornkraal Jerepigo
Rooi Muskadel maak koue lywe warm, suur mense soet - en soet mense plesierig. Lekker op gebreekte ys met 'n stukkie suurlemoenskil, by kerriegeregte en na, saam met, of in plek van poeding. Red Muscadel, intense and full of flavour fortified dessert wine, typical of the Klein Karoo. Great on its own or in cocktails. 750ml